Skip to content

Egiptiese Christen, Samiha, sal operasie ondergaan

Samiha het in 2016 ʼn kerkdiens naby haar huis bygewoon in sentraal-Kaïro, toe ʼn selfmoord-bomaanvaller die kerk binne gehardloop en dit opgeblaas het. Dié aanval het 29 lewens geëis en Samiha, wie se helfte van haar gesig weggeblaas isin die ontploffing, was byna nommer 30. Sy het egter wonderbaarlik oorleef.

Drie weke gelede het sy in Duitsland aangekom saam met haar man, Koneny, vir intensiewe mediese behandeling wat gereël is deur die Egiptiese regering.

ʼn Kontak van Geopende Deure het die geleentheid gehad om die paartjie te verwelkom. Toe ons medewerker haar vertel dat soveel mense vir haar bid, het Samiha warm geglimlag en gesê, “Ons is bly vir al daardie mense, regtig, ons is so lief vir hulle almal.”

In die weke wat voorlê sal Samiha verdere mediese ondersoeke ondergaan. ʼn Groot operasie om haar gesig te herstel word ook beplan vir Desember. Dit sal nie ʼn maklike pad wees nie, maar Samiha en haar man weet dat God saam met hulle is, soos elke keer vantevore.

Hou asseblief vir Samiha in jou gebede terwyl sy fisies, geestelike en emosioneel voorberei vir die opkomende operasies. Bid ook vir die dokters wat die navorsing, ondersoeke en die voorbereidings vir die operasie behartig – mag hulle baie wysheid van die Here af ontvang in alles wat hulle doen.

Dankie dat jy bid!

Back To Top
Soek