Egipte: Vliegongeluk, opstand en ʼn afname in populariteit
Die onlangse gebeurlikhede van polisielede wat doodgemaak is, die ‘Egypt Air’-vliegongeluk en die tronkstraf wat opgelê is aan diegene wat geprotesteer het teen Egipte se ooreenkoms om eilande aan SaoediArabië te oorhandig, dui op ʼn onbestendige politiese en veiligheidssituasie in Egipte.
Reuters het op 8 Mei, 2016, berig dat agt polisiemans, in gewone klere, deur onbekende gewapende aanvallers doodgemaak is suid van Kaïro. Op 19 Mei het ʼn ‘Egypt Air’-vliegtuig op pad vanaf Frankryk, in die Mediterreense See verongeluk met 66 mense aan boord. Verskeie nuusverslae berig dat passiersgoedere en wrakstukke 290 kilometers noord van Alexandria gevind is. The Telegraph het onderhoude met kenners gepubliseer op 22 Mei wat vermoed dat dit ʼn terroriste-aanval was, soortgelyk aan die een teen die Russiese vliegtuig wat verlede jaar in die Egiptiese lugruimte plaasgevind het.
In ʼn ander nuusberig, het BBC News op 14 Mei, 2016, berig dat 51 mense ʼn vonnis van twee jaarlange tronkstraf opgelê is, omdat hulle betoog het teen Egipte se ooreenkoms met Saoedi-Arabië om twee Rooi See-eilande te oorhandig.
Yonas Dembele, vervolgingsanalis van die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys se navorsingspan, lewer kommentaar: “Hierdie nuwe berigte dui op die onbestendige politiese en veiligheidssituasie in Egipte. Islamitiese militante groepe gaan voort met hul opstand teenoor die regering en daar blyk geen tekens te wees dat hierdie aanvalle in die nabye toekoms gaan eindig nie.
“Die huidige Egiptiese regering ervaar tans ʼn afname in populariteit en tree toenemend onderdrukkend op – hulle gebruik streng en dominerende taktieke om dié wat hulle kritiseer, te onderdruk. Die gevaar wat hierdie reaksie inhou, is dat dit kan lei tot die verdere vervreemding van ʼn groot deel van die populasie en is baie gevaarlik vir die toekomstige stabiliteit en veiligheid van die Egiptiese staat.
“Aangesien die Koptiese Kerk as ʼn ondersteuner van die al-Sisi-bestel gesien word, is die afname van die regering se populariteit rede tot ernstige kommer vir Egiptiese Christene. Dit is hoogs waarskynlik dat Christene ook geteiken kan word tydens enige oproere of opstande teen die regering.”
Egipte is #22 op Geopende Deure se 2016 Wêreldwaarnemingslys van plekke waar Christene die ergste vervolging ervaar.