Skip to content

Egipte: Islamitiese staat onderneem om dié land se Christene uit te wis

Die Islamitiese Staat (IS) het ʼn paar weke gelede ʼn video vrygestel waarin hulle onderneem om Egipte se Christene uit te wis en “Kaïro te bevry”.

Inwoners van Al-Arish, ʼn dorp in noordelike Sinai, het oor ʼn tydperk van twee maande, die dood van sewe Christene aanskou waarvoor IS verantwoordelikheid ervaar het. Een van die inwoners, Nabila, het gesien hoe haar man en seun sterf. In ʼn onderhoud met World Watch Monitor, het Nabila gesê dat die moordenaars ʼn lys gehad het van “baie name” en dat sy gesien het hoe een van die mans houtgerus, nadat hulle haar man en seun doodgemaak het, die name van haar geliefdes van dié lys afgemerk het.

ʼn Konvooi van 84 families, insluitende Nabila en haar oorblywende familie, het sedertdien uit Al-Arish gevlug om toevlug te soek in Ismailia, ʼn buurprovinsie.

Bid asseblief dat die Here die Egiptiese Christene sal beskerm wat in soortgelyke situasies is, en dat diegene wat geliefdes verloor het, vertroos sal word.

Egipte is tans #21 op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys van lande waar vervolging die ergste is

*Verteenwoordigende foto vir sekuriteitsredes gebruik.

Back To Top
Soek