Skip to content

Egipte busaanval, ʼn kil herinnering

Christene in Egipte het nóg ʼn tragiese aanval ervaar – minstens sewe mense is dood en 15 beseer. Dít het gebeur op die 3de November, toe gewapende terroriste losgebrand het op twee busse, wat aan die kerk behoort, terwyl dit die St. Samuel Klooster verlaat het in die Beni Suef streek van Egipte. In een van die twee busse was ʼn familie wie se baba pas by die klooster gedoop is.

Plaaslike Christene is woedend na die onlangse aanval, siende dit plaasgevind het op presies dieselfde plek as verlede jaar se aanval op Hemelvaartdag, waartydens sowat 28 Christene dood is. ʼn Kil herinnering aan verlede jaar se aanval.

Dit was veral hartseer vir mense soos Hanaa Yousef Mikhael en haar twee seuns, wat hul pa en eggenoot, Ayad Habib Tawadrosin, verloor het in die vorige aanval. “Die hemel het nog ʼn groep martelaars ontvang,” het Hanaa gesê. “Ek is verstom – hoe is dit moontlik dat dit weer kan gebeur?”

Bid asseblief vir die Here se vertroosting vir diegene wat hul geliefdes verloor het. Mag die Here genade betoon teenoor die aanvallers wie se harte en gedagtes gevul is met haat teenoor Christene. En mag God die Kerk versterk om saam met diegene te staan wat smart ervaar terwyl hulle steeds die liefde en vergifnis van Christus verkondig.

Dankie dat jy innig bid!

Back To Top
Soek