Skip to content

Een jaar van gevangenskap vir Leah Sharibu

Die 19de Februarie merk een jaar sedert die ontvoering van Leah Sharibu (15) en 109 ander meisies deur Boko Haram vanaf die Dapchi Sekondêre Skool in Nigerië se noord-oostelike Yobe-staat. Vyf meisies is na bewering in aanhouding dood terwyl die res van die meisies, behalwe Leah, ʼn maand later vrygelaat is. Sy is teruggehou omdat sy geweier het om haar Christengeloof te versaak.

Bietjie meer as ʼn week gelede het Leah se familie hul appèl aan die Federale-regering en internasionale gemeenskap hernu om nie op te gee op hul dogter nie. Haar ma, Rebecca, het ʼn beroep gedoen op die President en afgevaardigdes van die ministerie om hul belofte na te kom wat hulle gemaak het tydens hul besoek verlede jaar.

“Ek het na julle en die federale regering gekom om te pleit dat julle nie van Leah sal vergeet nie… Die President het met my oor die telefoon gepraat en my bemoedig dat ek nie bekommerd hoef te wees nie, en dat ek verseker kan wees dat my dogter vrygelaat sal word. Drie ministers het my ook besoek en die versekering gegee, maar ek het nog niks gehoor nie, en dis daarom ek by julle kom pleit,” het sy gesmeek.

Hou asseblief die Sharibu-familie in jou gebede. Bid dat Leah met haar familie herenig sal word en dat God hul krag sal vernuwe terwyl hulle wag. Hou asseblief ook aan om te bid vir die vrylating van die Chibok-meisies en soveel ander wat deur Boko Haram gevange gehou word.

Danie vir jou voortdurende gebede!

Back To Top
Soek