Skip to content

Een jaar later: Hemelvaartdag-aanval in Egipte

Vandag onthou ons die 29 Christene (wat, verlede jaar op Hemelvaartdag in ʼn aanval op ʼn bus deur Islamitiese ekstremiste in Egipte vermoor is. Vir meer oor die stygende aanvalle wat Christene in Egipte ervaar, klik hier.)

Op daardie dag, was Ayad, sy seuns Marco (15) en Mina (12), en sy kollegas ook op pad na die St. Samuel Klooster om aan klokke te werk wat vir die klooster gemaak word, onbewus van wat voor hulle in die pad aan die gebeur is. Terroriste het hulle voorgekeer en op geweerpunt aangehou, terwyl Marco en Mina agter hulle voertuig se sitplekke weggekruip het.

“Ons het gehoor hoe hulle my pa forseer om eerste uit te klim. Die man het geskree dat hy tot Islam moet bekeer. My pa het nee gesê. Hulle het hom geskiet,” onthou Mina. Ayad, tesame met sy kollegas is vermoor omdat hulle Jesus gekies het. Die aanvallers het die broers ontdek en een het gepoog om hulle te skiet, maar ʼn ander een het gesê, “Nee, laat hulle leef om die storie te vertel.” Marco en Mina is agtergelaat saam met die dooies. Hulle pa is in Marco se arms dood. Die beelde van wat daardie dag gebeur het, speel daagliks deur die seuns se gedagtes.

Bid asseblief saam met ons vir die families wat hierdie jaar Hemelvaartdag sonder hulle geliefdes in Egipte sal vier. Bid dat God hulle in hierdie tyd sal vertroos. Bid ook vir God se beskerming vir Egiptiese Christene wat onder aanval is vir hulle geloof.

Dankie vir jou gebede.

Back To Top
Soek