Skip to content

GEBEDSVERSOEK: Dringende gebed vir pastore in Indië

Verlede week, 7 Maart 2022, is Pastoor Yalam Shankar van Anganpalli, in die Bijapur Chhattisgarh distrik in Indië, se liggaam langs sy huis gevind. Hy is vermoor. In die afgelope maande het hy gereelde geskrewe waarskuwings ontvang.  

 In Januarie vanjaar het Pastoor Yalam stukkies papier gevind wat in sy huis en op die voordeur versprei is. Sy naam was op die papier saam met 27 ander pastore en gelowiges in die area. Dit het ook ʼn dreigement ingesluit dat hulle vermoor sou word indien hulle enigiemand in die area tot Christenskap sou bekeer. Die pamflet is onderteken deur die Naxaliete (Maoïstiese rebelle groepe wat politiese sentiment en ideologie ondersteun). 

 Ten spyte van die dreigemente, het Pastor Yalam voortgegaan om die Here te dien totdat hy vermoor is. Hy het altyd gesê “selfs al verloor ek my lewe, ek sal nie ophou om die Here te dien nie.” 

 Twee dae gelede, 23 Maart, is ʼn ander pastor, wie se naam ook op die lys was aangeval.  

 Ons vennote in Indië vra vir wêreldwye intersessie vir hierdie vennote. Staan asseblief saam met ons in gebed van vandag 15:00 tot more om 15:00 vir hierdie 27 pastore, om te bid vir die Here se beskerming oor hulle.  

 Bid asseblief: 

  • Vir die familie van Pastoor Yalam wat treur oor sy afsterwe. 
  • Bid vir alle Christen wat deur sy dood getraumatiseer is. 
  • Bid vir beskerming vir almal wie se name op daardie brief was, asook vir Christene wat vrees vir wat kan gebeur. 

 Dankie dat jy saam bid! 

Back To Top
Soek