Skip to content

In die loopgraaf

As ʼn jong volwassene, is Shiden gevang terwyl hy in die geheim aanbid het en was hy daarna vir amper 10 jaar in die tronk in Eritrea. Hy het gruwelike toestande in ʼn metaal skeepvaarthouer, saam met 30 tot 40 ander Christene, verduur.

Niemand kon voorspel het hoe moeilik dit vir hom sou wees om weer by ʼn normale lewe aan te pas nie. Met sy tuiskoms is Shiden gekonfronteer met die feit dat hy sonder geleerdheid en sonder ʼn werk is, wat hom in staat sou stel om ʼn bestaan te kon voer.

“Shiden het in diep depressie verval, en met tye tree hy totaal irrasioneel op,” verduidelik sy broer. “Ons moet hom die heeltyd dophou, selfs in die aand, om seker te maak dat hy nie homself leed aandoen nie.”

Die hartseer is dat daar duisende Christen-gevangenes is wat soortgelyke uitdagings in die gesig staar wanneer hulle vrygelaat word. Hulle benodig baie gebed en langtermynondersteuning. Bid asseblief vir Shiden en baie ander soos hy.

Back To Top
Soek