Skip to content

“Die hele wêreld vier fees”

As ʼn vervolgde gelowige en die dogter van dowe ouers is die lewe moeilik vir tiener Ailin*.

Jonk, vervolg en alleen

Ailin het van kleins af saam met haar ouers kerk toe gegaan. As tiener het haar eie geloof ontwikkel. Maar dit het haar alleen en geïsoleer gelaat…

Toe Ailin begin kerk toe gaan, het sommige van haar familielede haar verhinder om kerkdienste by te woon. Sy het niemand gehad om haar te verdedig nie.

“Omdat my ouers doof is, kan hulle niks antwoord of sê nie,” het Ailin verduidelik. “Familielede het vir my gesê ek moet ʼn Moslem wees omdat ons hele stam Moslems is. Hulle het gesê: ‘Jou ouers kan nie hoor nie, so hulle kan dit nie vir jou verduidelik nie.’”

Eendag is Ailin en haar ma na die polisiestasie gesleep. Kyk na haar storie:

ʼn Tyd om fees te vier

Kersfees is die een keer wanneer hierdie gesin ʼn rede het om fees te vier …

“Ons onthou die geboorte van Jesus Christus saam met ons familie,” sê Ailin. “Ons kook en speel speletjies. Ek hou baie van hierdie vakansie, want die hele wêreld vier fees en dit is baie pret.”

Dit is hartroerend om Ailin se vreugde oor Kersfees te sien – want vir die res van die jaar is haar lewe ondraaglik moeilik. Albei Ailin se ouers is doof, wat deur hul gemeenskap met ʼn Moslem-meerderheid as ʼn vloek vanaf Allah beskou word. En die familie volg Jesus, so die vervolging is intens.

Ondersteun tieners soos Ailin hierdie feestyd deur jou geskenk.

*Naam verander en landnaam word weerhou weens die risiko vir hierdie tiener.

Back To Top
Soek