Skip to content

Christusfees om die wêreld

Christene in baie lande om die wêreld staar verskeie wreedhede in die gesig weens hul geloof in Jesus. Mans, vrouens, oud en jonk. In lande waar Christene vir hul geloof vervolg word maak dit nie saak wat jou ouderdom of geslag is nie – as jy Jesus dien, bestaan die risiko dat jy geteister, verwerp en self vermoor kan word.

Bijli* (10) van Bangladesj kom `vanuit ʼn Moslem-familie wat na Christenskap bekeer het. Die familie ervaar daaglikse vervolging terwyl Bijli by die skool geboelie word omdat sy ʼn volgeling van Jesus is. Bijli se ma, Maya*, verduidelik dat sy soms huilende by die huis kom omdat haar “maats” haar aangeval het. “Bijli kom tuis en sê: ‘Mamma, hulle het my geslaan. Hulle sê ons is Christene. Hulle verhoed ons om deel te wees van hulle groep.’”

Gelukkig het Bijli haar boetie Mohon* (5) om mee te speel. “Maar sy kan nie met die Moslem-kinders speel nie,” sê Maya.

Om families soos Bijli sʼn te ondersteun en e ʼn veiliger toekoms vir hulle te verseker, stel ons vandag ons “Christusfees om die wêreld”-veldtog van November tot Desember 2020 bekend. Ons wens is dat elke vervolgde familie om die wêreld die troos en vreugde van Jesus se liefde hierdie Kersfees en regdeur die jaar sal ervaar deur ʼn finansiële doelwit van R1 984 000 te bereik.

Sluit asseblief by ons aan in gebed gedurende hierdie veldtog – dat God ons vervolgde familie sal beskerm waar hulle toenemende vervolging ervaar namate Kersfees nader kom. Bid ook dat God ons sal help om die “Christusfees om die wêreld”-veldtog se doelwit te bereik sodat ons vervolgde familie die beskerming, versorging en ondersteuning kan kry wat hulle nodig het om te floreer.

Dankie dat jy saam bid.

*Name weens sekuriteitsredes verander.

Back To Top
Soek