Skip to content

Christentiener vanuit Oos-Afrika in gevaar om in ‘n dwang-huwelik begewe te word

Ayan is ʼn 19-jarige Gelowige vanuit ʼn Moslemagtergrond van Somaliese afkoms. In ʼn poging om haar na Islam te laat terugkeer, wil haar familie  haar dwing om met ʼn bejaarde sjeik te trou.

In 2015, het Ayan haar lewe aan Christus gewy nadat haar suster die Evangelie in die geheim met haar gedeel het. Toe haar familie uitvind van haar bekering, het hulle gedreig om haar onderrig te staak en haar uit te huwelik. Genadiglik het hulle haar toegelaat om eers klaar te maak met hoërskool, maar sy is verbied om met haar suster of enige iemand anders te kommunikeer. Sy is ook gedwing om daaglikse Islamitiese klasse by te woon. En verlede week het haar familie haar gedwing om ʼn Islamitiese seremonie by te woon waar sjeiks rondom haar gestaan het om verse uit die Koran en betowerings oor haar uit te spreek. Afgesien van al hierdie dinge, het Ayan vasgehou aan haar geloof. Sy weet nie presies wanneer sy gaan moet trou nie, en is desperaat besig om te bid vir ʼn wonderwerk en
ʼn manier om te ontsnap.

Bid asseblief vir God se goddelike ingryping in haar situasie en dat die huweliksbevestiging nie sal plaasvind nie. Bid ook dat haar geloof in Christus dieper sal groei ten spyte van die vyand se pogings om haar af te breek, en dat haar familie deur haar getuienis ook na Christus sal draai.

Dankie dat jy saam bid!

Back To Top
Soek