Skip to content

Christenmeisie ontvoer en gedwing om te bekeer en te trou

ʼn Twaalfjarige Pakistanse Christenmeisie, Elisha, wat in November verdwyn het, is volgens haar pa, Iqbal Masih, ontvoer en gedwing om na Islam te bekeer en met haar ontvoerder te trou. Toe Masih gegaan het om ʼn klag van ontvoering by die polisie te gaan indien, het hulle geweier om hom te help.

“ʼn Man uit ons buurt het na my toe gekom en huweliks- en bekeringsertifikate aan my oorhandig,” het Masih aan World Watch Monitor gesê. Op die huweliksertifikaat het dit aangedui dat Qadeer Ismail, die man wat met Elisha getrou het, 20 is, terwyl Elisha opgeteken is as 18-jaar oud. Maar Masih vertel dat Ismail baie ouer is as dit, en dat sy dogter se geboortesertifikaat aandui dat sy in Mei-maand eers 13 word.

Masih het teruggegaan na die polisie en hulle versoek om ʼn kriminele klag te lê. Tot hul verbasing is Masih en sy vrou in hegtenis geneem, nadat Ismail se familie valse klagtes teen hulle gelê het.

Alhoewel Elisha, genadiglik deur ʼn hofbevel aan haar familie terugbesorg is, sê Masih dat Ismail se familie hulle nou dreig indien hulle haar nie te bring nie. Boonop is Ismail, saam met ander beskuldigdes, voorarres-borgtog toegestaan. Dit beteken dat hulle borgtog toegestaan kan word in die geval waar hulle vooraf verdink word, of skuldig bevind word aan ʼn oortreding waarvoor borg nie toegestaan word nie, soos ontvoering.

Bid asseblief vir Masih, sy familie en veral vir Elisha terwyl hulle deur hierdie ontbering werk. Bid vir Elisha, dat God haar sal genees van enige trauma wat sy dalk ervaar het, asook dat geregtigheid sal geskied.

Dankie vir jou gebede!

*World Watch Monitor. “Pakistani Christian says daughter, 12, abducted, forced to convert to Islam and marry.” 13 Februarie 2018. Verteenwoordigende foto gebruik.

Back To Top
Soek