Skip to content
Leah Sharibu

Boko Haram sweer om Leah Sharibu by hulle te hou

Boko Haram het in Februarie vandeesjaar 110 meisies ontvoer uit ʼn skool in Dapchi, Nigerië. Een van die meisies en enigste Christen was die 15-jarige, Leah Sharibu.. Terwyl die res van die meisies binne ʼn maand vrygelaat is, is Leah steeds in aanhouding omdat sy weier om na Islam te bekeer.

In September het ʼn video aan die lig gekom waarin die teregstelling van ʼn noodlenigingswerker gesien kan word… In díe video, stel Boko Haram ʼn ultimatum aan die Nigeriese regering, waarin hulle dreig om Leah en twee ander noodlenigingswerkers te vermoor, sou hulle nie binne ʼn maand gehoor gee aan hul eise nie.

Ongelukkig het Boko Haram verlede week, op die 16de Oktober, die tweede noodlenigingswerker tereggestel, en gesweer om Leah en die derde noodlenigingswerker, Alica Ngaddah wat ook ʼn Christen is, as “lewenslange slawe” aan te hou.

Hou asseblief die Sharibu- en Ngaddah-families in jou gebede terwyl hulle angstig wag vir die vrylating van Leah en Alice. Bid ook vir Leah en Alice se beskerming waar hulle in aanhouding is. Mag die Nigeriese regering wys en proaktief wees om om hul vrylating te verseker.

Dankie dat jy ywerig bid!

Back To Top
Soek