Skip to content

Bid vir vervolgde Christenmans hierdie November

Christenmans, meer as enige ander gelowiges, word nagejaag, geslaan en doodgemaak vir hul geloof. Hulle is ons beleërde vaders en broers – die mans van ons vervolgde familie. Hulle is die leiers, pastore, Bybelsmokkelaars, mentors en dissipelmakers van die vervolgde Kerk.

Hierdie November, as deel van ons Nooit Alleen-veldtog, plaas ons ’n spesiale fokus op die mans van die vervolgde Kerk.

Die hoofbronne van vervolging vir mans is ekonomiese teistering gevolg deur, vernedering en vermyding, fisiese geweld (insluitend marteling), opsluiting deur die regering, en militêre/burgermag diens of diensplig.

Die vervolging van Christenmans het ’n direkte impak op hul families, gemeenskappe en kerke. Hierdie is veral moeilik in landelike areas waar dit ’n gemeenskaplike taak in die gemeenskap is om ‘n bestaan te voer. Soos in Bhoetan. Een Christen het verduidelik. “as Christenmans hul werk verloor, uitgesluit word van die tradisionele manier van boer of – in uitsonderlike gevalle – gearresteer word, affekteer dit die hele familie omdat die mans gewoonlik die hoof broodwinners is.”

Bid asseblief hierdie maand saam met ons vir ons vervolgde vaders en broers in Christus. Terwyl jy bid, vra die Here om hulle, en die hele Liggaam van Christus wat vervolg word, te versterk en staande te hou ter wille van Sy naam.

Klik hier om die gebedsgids vir die Nooit Alleen-veldtog af te laai, om jou gebede aan te vuur vir mans in November, kinders in Desember en vroue in Januarie.

Dankie dat jy ’n vennoot in gebed is!

Back To Top
Soek