Skip to content

Bid vir Rohingya’s wie se huise afgebrand het

In die vroeë oggendure van Donderdag, 14 Januarie, het minstens 500 huise by die Noyapara Rohingya-kamp in Bangladesj afgebrand wat aan Rohingya’s, insluitende Christene, behoort. Die presiese oorsaak van die brand is steeds onbekend. Minstens 25 mense is beseer terwyl party gelowiges alles verloor het.

Dit is tans middel-winter in Bangladesj en baie koud – baie mense is nou sonder skuiling in hierdie tyd. Bid asseblief saam met ons vir die wat hulle huise verloor het.

  • Bid vir die Christen-families wat alles in die vuur verloor het. Bid dat God hulle sal vertroos en in hul behoeftes sal voorsien.
  • Bid dat hulle bure en bedieningsorganisasies wat onder hulle werk ʼn bron van bemoediging in hierdie moeilike tyd sal wees.
  • Bid dat die kampowerhede vinnig sal optree om die wat hulle huis verloor het na ʼn veiliger plek te verskuif.
Back To Top
Soek