Skip to content

Bid vir ons dubbele kwesbare susters

In baie dele van die wêreld, ervaar vroue reeds diskriminasie as gevolg van hul geslag, en om ʼn Christen te wees maak hierdie diskriminasie net erger…

Karen* ʼn Geopende Deure traumaversorger in die Midde-Ooste verduidelik, “Vroue word gemarginaliseer in die Midde-Ooste en Noord-Afrika streke, maar hulle ervaar egter dubbele kwesbaarheid wanneer hulle Christene is, wat beteken dat daar in sekere areas ʼn hoër risiko vir hulle is om mishandel te word.”

Wanneer hulle vervolg word vir hul geloof, ervaar Christenvroue druk op die lelikste maniere… Die druk op Christenmans hou gewoonlik verband met hul werk, weermag/dienspligte en nie-seksuele, fisiese geweld. Christenvroue aan die ander kant, word meeste van die tyd spesifiek geteiken deur gedwonge huwelike, verkragting en ander vorme van seksuele geweld.

Ongelukkig, deur vroue te teiken, word families en Christengemeenskappe ook ‘onteer’, wat dikwels lei tot mans wat hul vroue verwerp omdat hulle die slagoffer van verkragting is. Tog, afgesien van die risiko’s wat hulle in die gesig staar, deel baie van ons vervolgde susters dapper hul geloof met ander, en is hulle dikwels die leiers wanneer dit kom by diensbaarheid aan ander.

Staan asseblief vandag saam met ons in gebed vir ons vervolgde susters:

  • Bid dat die Here hulle sal beskerm van die daaglikse gevare wat hulle mag ervaar.
  • Bid dat die families, slagoffers van verkragting sal ondersteun in plaas daarvan om hulle te verwerp.
  • En bid dat God sal aanhou om Geopende Deure te lei in die voorsiening van nodige traumaversorging aan hierdie vervolgde vroue van geloof.

Dankie dat jy in gebed staan vir ons suster vandag!

*Naam verander vir sekuriteitsredes.

Back To Top
Soek