Bid vir Leah Sharibu en haar gesin
Dis is vandag twee jaar sedert Leah Sharibu en sommige van haar medestudente deur Boko Haram ontvoer is by hul skool in Dapchi, Borno, in Nigerië. Behalwe vir die vyf studente wat gedurende dié ontbering gesterf het, is al die meisies ’n maand later vrygelaat. Leah (age) is egter steeds in aanhouding omdat sy weier om Christus te versaak. Al wat Leah se ouers wil hê, is om met haar herenig te word.
Ons het ’n onderhoud gevoer met Eerwaarde Gideon, ’n Christenbroer wat hierdie pad saam met die familie stap en pastorale versorging en ondersteuning aan hulle bied.
Jy kan hier na die onderhoud kyk >>
Ongelukkig is daar waarskynlik honderde jong meisies en vroue in Nigerië wat ontvoer is. Luidens Eerwaarde Gideon word selfs jong seuns en mans ontvoer en gedwing om vir militante groepe te veg in die naam van Islam.
Wat in Nigerië aan die gebeur is, is “krimineel en ’n menseregte-skending. Daarom voel ek dat die regering en internasionale gemeenskap meer omtrent die voortslepende situasie moet doen. Ons het nodig om ons kinders en vroue te beskerm,” sê Eerwaarde Gideon.
Leah, haar familie en talle ander mense wie se lewens deur ontvoerings geraak word, het nodig dat ons, as hul geloofsgemeenskap, vir hulle bid.
Bid asseblief vandag:
- Dat God vir Leah op Sy tyd sal huis toe bring.
- Bid vir Leah, wat ’n voorbeeld vir ons almal is, vir krag.
- Bid dat God die harte van Leah se ontvoerders sal aanraak om die ware God te sien deur haar geloof.
- Bid vir Nathan, Rebecca en Donald (Leah se jonger broer) en al die families wat deur ontvoerings geraak word. Mag die regering die vrylating van Leah en al die ander wat in Nigerië in aanhouding is, waarborg.
Dankie dat jy ’n vennoot in gebed is!