Skip to content

Bid vir die gespanne situasie in Sudan

Na maandelange betogings in Sudan is President Omar Hassan Ahmad al-Bashir in April van hierdie jaar omvergewerp. In die tussentyd het ʼn sogenaamde, Transitional Military Council (TCM), beheer oor die land geneem. Sedertdien plaas landsburgers druk op hierdie raad om die mag aan hulle oor te gee.

Die situasies is steeds gespanne en affekteer die daaglikse lewe in Sudan. Volgend ’n nuusbron van New Humanitarian, is meeste hospitale in die hoofstad van Khartoem nie ten volle funksioneel nie. Berigte van teistering en die seksuele mishandeling van vroue het ook toegeneem, terwyl die onderbreking in telekommunikasie dit baie moeilik maak om hulp aan kwesbare mense te verleen.

Na bewering word hospitale, klinieke en skole in Khartoem ook deur die gevreesde paramilitêre eenheid, die Rapid Support Forces (RSF) – berug is vir brutaliteit, geteiken. Daar is ook berigte dat kinders aangehou word. Terwyl die RSF in Darfur ook van menseregteskendings beskuldig word.

Wat verder bydra tot die situasie is dat, volgens New Humanitarian, ʼn beraamde 5,7 miljoen mense in die land voedsel te korte ervaar.

Bid asseblief vir God se genade oor Sudan – dat die Here wysheid en waagmoed aan die internasionale rolspelers sal gee wat met die TMC oor die pad voorente onderhandel. Bid vir God se beskerming en voorsiening van ons familie in Sudan. Hierdie is moeilike maar belangrike dae en Christene nodig baie genade om sterk te staan in die Here en hulle geloof in Hom uit te leef, te midde van die moeilikhede.

Dankie dat jy ʼn vennoot in gebed is!

Back To Top
Soek