Skip to content

Bid saam met ons vir ons familie in Pakistan

Ons familie in Pakistan is in pyn gedompel na die geweld van bende-aanvalle op minstens 20 kerke en 93 huise wat aan Christene behoort.

Sondag, 20 Augustus, het groepe Christene in Jaranwala, Pakistan, buite bymekaargekom vir hul kerkdiens. In plaas daarvan om in banke of op stoele te sit, het hulle langs gebrande mure gesit. In stede van aanbidding in ʼn kerk met sierglas vensters en pragtige argitektuur, het hulle bymekaar gekom tussen gebreekte glas en hope rommel. En in stede daarvan om terug te keer huis toe vir ʼn familie-ete, kon talle gelowiges nie huis toe gaan nie – hulle huise lê in puin.

Hull almal is nog in skok na die aanvalle.

Vra asseblief vir jul ondersteuners en gemeentelede om saam te bid. Laai hierdie PowerPoint-skyfie af om te deel en in jul diens te gebruik.

Dankie vir julle gebede!

Verenig in Christus

Geopende Deure Suider-Afrika

Back To Top
Soek