Skip to content

BID: Kwesbaar. Lyding. Vervolg. Wat kan erger wees?

Vandag, 8 Maart, is Internasionale Vrouedag – ʼn wêreldwye dag wat die sosiale, ekonomiese, kulturele en politieke prestasies van vroue vier.

Alhoewel dit ʼn wêreldwye dag is wat vroue vier, is die realiteit dat vroue in baie lande as tweedeklasburgers beskou word. In plekke soos die Midde-Ooste voel Christen-vroue weens vervolging waardeloos.

Die 2024-Geslagsverslag onthul een sleutelfaktor wat die vervolging van Christene vererger… onsekerheid.

Oorlog, ontworteling, ekonomiese ineenstorting en politieke onstabiliteit maak kwesbare mense nog kwesbaarder. Gewapende konflik en kriminele geweld blaas die vlamme van vervolging aan. Die impak is skokkend.

Mans ly op sigbare, ernstige maniere. Vir vroue is vervolging kompleks, verborge en gewelddadig.

Waarde word aangeval

Volgens die verslag is dit boonop vroue se waarde wat aangeval word.

Vroulike gelowiges word in skaamte gedompel deur seksuele geweld, waardeloos gelaat deur gedwonge huwelike, en van hul identiteit gestroop deur die verlies van hul gesin, werk en onafhanklikheid. Dikwels word hul lyding agter geslote deure weggesteek.

Maar geen vrou moet waardeloos voel nie. En geen man of vrou moet bekommerd wees oor hul lewens as gevolg van vervolging nie.

Bid asseblief vir jou vervolgde familie, want hulle waag alles vir Christus.

Vul die vorm hieronder in om die 2024-geslagverslag af te laai en te lees. (Die verslag is slegs in Engels beskikbaar)

Back To Top
Soek