Skip to content

Bangladesj: Pastors Ontvang Doodsdreigemente

Tien Christenpastors, in die Rangpur-distrik van noordelike Bangladesj, het op 25 November doodsdreigemente ontvang. Die anonieme brief is aan die leier van die Bangladesh Baptist Church Sangha (BBCS) in Rangpur, Ds. Barnobas Hembrom, en nege ander pastors in die distrik, gestuur.

Die brief lees, “Diegene wat Christenskap in Bangladesj verkondig moet hierdie wêreld een vir een verlaat.”

Die plaaslike polisie is onmiddellik in kennis gestel en verleen beskerming aan die Baptiste kerk.

Bid asseblief vir die Kerk in Bangladesj:

Bid vir Ds. Barnobas Hembrom en vir die ander pastors se veiligheid en beskerming. Bid dat hulle in staat sal wees om met goddelike wysheid, krag en waagmoed, God se werk voort te sit.

Bid vir die huidige situasie in Bangladesj namate talle berigte van aanvalle teen Christene in verskeie dele van die land berig word. Baie van die berigte word nie gepubliseer nie, juis uit vrees dat dit die situasie sal vererger.

Bid dat die bose intensies van Islamitiese fundamentaliste deur goedheid oorwin sal word en dat hul gedagtes op Jesus gerig sal word.

Bangladesj is bykans 89 persent Moslem en 0.66 persent Christen (ongeveer 1.2 miljoen). Die land is in die #43 posisie op die Geopende Deure 2015 Wêreldwaarnemingslys van plekke waar Christene die ergste vervolging ervaar.

Back To Top
Soek