Skip to content

Asia Bibi is uiteindelik vry!

Asia Bibi is in Oktober verlede jaar belet om Pakistan te verlaat, nadat appèl aangeteken is teen haar onskuldigbevinding, en vryspraak van ʼn doodsvonnis op aanklag van godslastering. Prys die Here, dat die Pakistanse Hooggeregshof op 29 Januarie 2019 haar vryspraak van die doodvonnis gehandhaaf het.

Christene in Pakistan is oorstelp van vreugde oor hierdie besluit. “Ons bid al vir tien jaar,” het ʼn vennoot van Geopende Deure vertel. “ En sy sal uiteindelik vry wees. Ons bedank almal wat saam met ons in gebed gestaan het deur al die jare. Die Hooggeregshof se dapper uitspraak en die besluit om die kwytskelding te handhaaf, beteken dat dit steeds moontlik is vir ʼn Christen om geregtigheid te sien in Pakistan. Al het dit baie lank gevat, is daar hoop.”

Op die oomblik, is Asia steeds onder beskermende bewaring in ʼn onbekende plek. Wanneer, en of, sy die land sal verlaat is steeds nie bekend nie. “Asia en haar familie se veiligheid is van kardinale belang,” sê ʼn Geopende Deure-kollega, en voeg by, “Talle Christene sal steeds bid vir hul veiligheid” – namate kerkleiers in Pakistan moontlike teenreaksie te wagte is.

Bid asseblief saam met Pakistanse Christene vir die veiligheid van Asia en haar familie, asook vir al die Christene in Pakistan.

Dankie vir jou getroue gebede!

Back To Top
Soek