Skip to content

Asia Bibi het dringende gebed nodig

Toe die Pakistanse Hooggeregshof op die 13de Oktober aangekondig het dat Asia (Aasiya) Bibi, wat vir meer as agt jaar in die dodeselle deurgebring het, dadelik vrygelaat word, , “was ons almal bevry,” het ʼn plaaslike Christen gesê.

Ongelukkig het opstande, kort na haar vrylating, begin opvlam in Pakistan. En nie lank daarna nie, het die man wat die amptelike klag in 2009 teen Asia gelê het, Qari Muhammad Salaam, ʼn hersieningspetisie aanhangend gemaak. Dit beteken dat ʼn juridiese hersieningskomitee wel die Hooggeregshof se besluit sal hersien, en dit is moontlik datdie druk van ekstremiste daartoe kan lei dat die uitspraak herroep word.

Wat beteken dit vir Asia? “ Daar is berig dat sy uit die land is, maar ons het van ʼn betroubare bron verneem dat sy steeds in Pakistan is. Wat wel duidelik is, is dat sy steeds in gevaar is. Asia het vir te veel jare geboet vir ʼn misdaad wat sy nie gepleeg het nie. Sy is onskuldig verklaar deur die hoogste hof in Pakistan, en verdien om haar lewe te herbou,” het Zoe Smith, hoof van die Voorspraaksdepartement van Geopende Deure VK en Ierland gesê.

Ons vra dat jy asseblief dringend bid:

  • Vir Asia se veiligheid en almal om haar.
  • Vir die veiligheid van Asia se prokureur en die regters van die Hooggeregshof – almal wat dreigemente ontvang het.
  • Vir Christene in die land wat op hul hoede is na die opstande.
  • Dat die media verantwoordelik oor hierdie storie sal verslag doen – onverantwoordelike verslaggewing veroorsaak baie probleme.

Dankie dat jy innig bid!

Back To Top
Soek