Arise Africa: ‘n Wêreldwye veldtog om gewelddadige vervolging te stop
Die probleem
Uit elke 10 Christene wat vir hul geloof vermoor word, is nege daarvan in sub-Sahara Afrika.
Christene in dié streek word vervolg op ‘n skaal wat nog nooit tevore gesien is nie. Moord, marteling en ontvoering is ‘n alledaagse bedreiging. Islamitiese ekstremiste wil die Kerk vernietig en gebruik ondenkbare geweld.
Hierdie vervolging is ongekend en verwoes lewens. Die voortbestaan van die Kerk is in gevaar – tensy ons optree.
Hoekom is hierdie nie hoofnuus nie?
Daar word te min hieroor in die media gerapporteer. Betreklik min mense is bewus van die uiterste geweld. Sonder meer aandag sal niks verander nie – en sal Christene nie die hulp kry wat hulle nodig het nie.
Wat is die doel van die Arise Africa-veldtog?
Kerke in sub-Sahara Afrika doen ‘n beroep op die Liggaam van Christus regoor die wêreld om saam met hulle te staan, as een, om die geweld te stop en die genesing te begin.
Ons doelwit is om saam met hulle ‘n miljoen blare in te samel – gebede en petisies – om Christene in Afrika te versterk, en die wêreld se aandag te vestig op die geweld wat deur volgelinge van Jesus in sub-Sahara Afrika verduur word.
Die Arise Africa-veldtog poog om bewustheid te kweek en jou te inspireer om op te tree.
Ons nooi jou uit om vandag saam met jou broers en susters op te staan teen gewelddadige vervolging in sub-Sahara Afrika.
Oor vier jaar beoog Geopende Deure om vier miljoen vervolgde Christene in Afrika geestelik, fisies en emosioneel te ondersteun. Ons wil die Kerk help om deur vervolging te volhard, en veerkragtig, vindingryk en invloedryk te wees.
Deur ʼn wêreldwye petisie doen ons ʼn beroep op die wêreldgemeenskap om te verseker dat Christene en ander kwesbare individue in sub-Sahara Afrika met waardigheid en respek behandel word deur:
- Beskerming: Verskaf robuuste beskerming teen gewelddadige militante aanvalle
- Geregtigheid: Verseker geregtigheid deur regverdige vervolging van die aanvallers
- Herstel: Bring genesing en herstel vir alle geaffekteerde gemeenskappe
Ons beoog om hierdie petisie teen 2026 aan die Verenigde Nasies en plaaslike regerings regoor die wêreld voor te lê
Petisies, wanneer dit deur ʼn groot aantal ondertekenaars ondersteun word, kan:
- Bewustheid verhoog: Lig kwessies op ʼn globale platform uit, skep media-bewustheid en openbare belangstelling.
- Deure open: ʼn Gesamentlike klop van ʼn miljoen mense vereis aksie, wat diegene in posisies van invloed aanmoedig om die kwessies aan te spreek.
- Pogings verenig: Verenig mense rondom ʼn saak, en bou so ʼn gemeenskap van ondersteuning en gemeenskaplike doel.
- Druk vir verandering: Verhoog druk op regerings en organisasies om op te tree.
Dink hieraan: ʼn enkele kers kan oor die hoof gesien word, maar ʼn miljoen kerse saam skep ʼn vlam wat die nag verlig en nie geïgnoreer kan word nie
Sluit vandag by ons aan deur jou stem by te voeg.
Arise Africa is ʼn veldtog van Geopende Deure in vennootskap met die Vereniging van Evangeliedienaars in Afrika (AEA), onder andere.
Wat kan ek doen?
- Vra vir verandering deur jou stem by te voeg. Eis dat regerings gewelddadige vervolging erken en daarteen optree.
- Voeg jou gebed by die interaktiewe gebedsboom. Wys ons is verenig, as een, teen gewelddadige vervolging.