Altesaam 130 jong Nigeriërs kry nuwe Bybels
Vroeër vanjaar het Geopende Deure se vennote in die land meer as 130 Bybels aan Christen-jeug in noordelike Nigerië uitgedeel om hulle in hul dissipelskapsreis te ondersteun en te bemoedig, en hul begrip van die Woord te verdiep. Vir baie was dit die eerste keer wat hulle hul eie persoonlik Bybels ontvang het.
As gevolg van hulle geloof in Jesus Christus verduur hierdie jong gelowiges op ʼn daaglikse basis marginalisering en geweld. Hulle is die minderheid in hulle gemeenskap, maar tog is hulle veerkragtig te midde van die stygende vervolging. Volgens ons plaaslike vennote is hierdie Christene die sout en lig in hul gemeenskappe, en as resultaat hiervan kom baie mense tot geloof in Christus.
Hulle was verheug om ʼn Bybel van hulle eie te ontvang!
“Ek is so dankbaar om ʼn nuwe Bybel te hê wat my eie is!” het Dorcas gesê nadat sy haar nuwe Bybel ontvang het. “Vir my is hierdie Bybel ʼn wapen om die gevegte in die lewe te oorwin. Ek glo dat die Bybel ʼn groot impak sal hê in my geestelike reis omdat dit die fondasie is waarop ons ons lewens moet bou en om God persoonlik te ken. Die Bybel is die Woord van God, en om gewortel in God se Woord te wees, is die beste manier om in die wêreld te lewe.”
Matthew, ʼn jongman in sy 20’s, was verheug om sy Bybel te ontvang. “Ons het net een Bybel wat onder my familielede gedeel word, en ek kan dit nie ronddra of op my eie tyd lees nie,” verduidelik hy. “Om my eie Bybel te hê… ek is so dankbaar teenoor God. Die Bybel sal baie in my lewe help en verander, veral in my geestelike reis. Ek vertrou dat om die Bybel te lees en die instruksies van God te gehoorsaam baie veranderinge in my lewe sal bring, want die Woord van God is lig.”
Matthew is dankbaar dat Geopende Deure hom van ʼn Bybel voorsien het en bid dat God dié organisasie en almal wat ons ondersteun, sal seën. “Mag God meer deure vir groei oopmaak en na meer mense in nood uitreik,” sê hy.
Dorcas bedank en bid ook vir Geopende Deure-vennote – mense soos jy! – wat die Woord van God aan haar voorsien het. “Ek bid vir almal wat op een of ander manier bygedra het vir die Bybels om my en ander mense in my gemeenskap te bereik,” sê sy. “Ek sal dit met mense deel wat nie ʼn Bybel het nie en siele vir Christus wen sodat die Naam van Jesus verheerlik kan word.”
Dankie vir jou gebede en ruimhartigheid, wat dit vir ons moontlik maak om ons vervolgde familie met die Brood van die Lewe en baie ander dringende hulpbronne te bereik.
Vandag kan jy meer gelowiges in Afrika en elders bystaan om te midde van vervolging veerkragtig in hul geloof te bly. Indien jy in staat is om dit te doen, skenk asseblief om te help om hulle met broodnodige geestelike en praktiese ondersteuning te bereik om sout en lig in hul gemeenskappe te wees.
En word ook deel van ons meerjarige veldtog vir Afrika. Klik hier om meer te leer en te sien hoe jy by hierdie veldtog betrokke kan raak.