Skip to content

Algeriese kerke gedwing om te sluit

Youssef Ourahmane, die leier van ʼn kerk in Algerië, het die sluiting van sy kerk, wat alreeds 20 jaar lank bestaan veroordeel. Plaaslike owerhede het verlede November die kerk gesluit omdat dit na bewering gebruik word om “onwettige Evangelies en publikasies wat vir evangelisasie gebruik word, te druk.”

Hy weerlê hierdie aanklagtes en sê die sluiting is gebaseer op “valse aantygings”. Afgesien van hierdie ontmoedigende situasie het hy gesê, “Ons glo dat God in beheer is. Hy sal nie toelaat dat enige haar, buite Sy wil, van jou kop af sal val nie.”

Drie kerke is deur die polisie toegemaak omdat hulle na bewering nie staatsgoedkeuring het nie, terwyl twee ander kerke gevra is om alle godsdienstige aktiwiteite te staak. Sedert Desember verlede jaar, is 25 uit die 45 kerke, wat geaffilieer is met die hoof Protestante Kerk van Algerië, besoek om veiligheidsregulasies na te gaan; hulle is drie maande kennis gegee om alle godsdienstige aktiwiteite te staak.

Bid asseblief vir wysheid vir hierdie kerke terwyl hulle aan oplossings dink vir hierdie situasie. Bid dat enige valse aantygings teen hulle tot niet gemaak sal word en dat hulle die reg gegun sal word om hul kerklike aktiwiteite voort te sit.

Dankie dat jy saam met hulle staan in gebed!

Back To Top
Soek