Skip to content

Aanvalle teen Indiese Christene neem steeds toe…

(Foto van pastoor Maddira Kotireddy (54) nadat hy wreedaardig met ʼn byl deur onbekende aanvallers aangeval.)

Sedert verlede jaar, word Christene in Indië, veral Christenleiers in landelike areas, deur toenemende en uiterse brutale aanvalle geteiken. Die bron van die aanvalle is hoofsaaklik militante Hindoes, wat aangevuur word deur hoë vlakke van onverdraagsaamheid.

In een aanval in Maart hierdie jaar, is pastoor Maddira Kotireddy (54) wreedaardig met ʼn byl deur onbekende aanvallers aangeval. Hulle het hom probeer doodmaak, maar hy met sy hande probeer gekeer, wat tot gevolg gehad het dat hy van sy vingers verloor. Hy is steeds in ʼn kritiese toestand in die hospitaal.

Die hartseer is dat sommige aanvalle nooit gerapporteer word nie… In baie gevalle, wanneer Christene aangeval word, raak die plaaslike polisie dikwels nie betrokke nie en weier hulle om die aanvalle te registreer. In sommige gevalle, kyk hulle selfs toe wanneer die militante Hindoes Christene aanval, en probeer hulle nie eers om hulle te keer nie.

Bid asseblief vir Christene in Indië – dat hulle die Here se krag en beskerming sal ervaar, namate die aanvalle teen hulle toeneem. Bid ook vir die herstel van pastoor Maddira en die baie ander wat deur soortgelyke aanvalle beseer is. Mag die wat Christene aanval, deur die owerhede verantwoordelik gehou word vir hulle brutaliteit.

Dankie vir jou voortdurende gebede.

Back To Top
Soek