Skip to content

Ons het navrae gekry oor Geopende Deure se ondersteuning in die Oekraïne en Rusland

Beste Vennoot in Christus

Ons het heelwat navrae ontvang oor Geopende Deure se ondersteuning in die Oekraïne en Rusland, en hoe mense kan help. Ons is onsettend bekommerd oor die welstand en veiligheid van almal wat betrokke is by die indringing van die Oekraïne.

Geopende Deure het geen werksaamhede in Oekraïne nie, maar ons sal aanhou om die situasie op grondvlak dop te hou en te bepaal of daar insidente van vervolging en diskriminasie teenoor Christene is. Ons is bewus van verslae dat Christene in areas wat deur die Russe beheer word, reeds voor die indringing vervolging en diskriminasie verduur het, en dat sommige aangedui het dat die Kerk waarskynlik ondergrond sal moet beweeg.

Ons doen egter ʼn beroep op Christene om tot ons Prins van Vrede te bid dat die indringing sal eindig sonder enige verdere bloedvergieting.

Bid dat elke wêreldleier, insluitende die van Rusland en Oekraïne, wysheid van God sal ontvang en met genade sal optree. Bid dat die Liggaam van Christus in die Oekraïne sal oorleef en sal floreer in die tye wat kom. Laat ons Psalm 31 oor ons broers en suster bid. Mag hulle God se teenwoordigheid as hul “ rots en vesting” ervaar in hierdie dae van beproewing. Dankie vir jou liefde teenoor ons familie in hierdie moeilike tyd.

Back To Top
Soek