Skip to content

Verhef jou stem vir vrede

Hierdie maand maak ons ons harte oop vir Soedan, waar jare se burgeroorlog letsels op ontelbare lewens gelaat het.

Hierdie maand se leesstof

Onthou, Here, wat met ons gebeur het;
kyk tog, en sien ons vernedering raak!
Ons erfenis is oorhandig aan vreemdes,
ons huise aan buitelanders.
Weeskinders het ons geword,
ons is sonder ʼn vader;
ons moeders is soos weduwees.

Klaagliedere 5:1-3

Oordenking

Vandag weeklaag ons oor die ontworteling, chaos en verwoesting wat deur oorlog en geweld in Soedan veroorsaak is.

Laat ons tot God roep namens diegene wie se hoop deur die staatsgreep en oorlog verydel is.

O God van vrede en geregtigheid, U weet wat die voortdurende oorlog aan die mense van Soedan gedoen het en hoe dit gesinne verwoes het. Ons kom voor U in rou oor Soedan en ons familie in die land.

Ná ʼn jaar en ʼn half van oorlog en as die tweede gewelddadigste land vir Christene in sub-Sahara Afrika, het Soedan die wêreld se grootste ontwortelings- en hongersnoodkrisis.

Gemeenskappe is uitmekaar geskeur, met byna 9 miljoen mense wat ontwortel en kwesbaar is. Gesinne is gedwing om uit hul huise te vlug, dikwels met niks anders as hul lewens nie.

Onlangse interne botsings het die land op die rand van nog ʼn groter krisis geplaas, wat enige vermeende vordering ontrafel en die lot van Christene in Soedan toenemend gevaarlik maak.

In die aangesig van hierdie lyding roep die mense van Soedan tot God om vrede.

Die noodroep in Klaagliedere 5 weerspieël die mense van Soedan se hartseer. Tog hou ons selfs in die chaos vas aan die waarheid dat ons Here soewerein is. Hy “heers vir ewig. Sy troon is van geslag tot geslag.”

Reflekteer

Waar sien jy konflik wat eindeloos lyk?

Hoe help weeklaag jou om God in tye van wanhoop te vertrou?

Reageer

  • Weeklaag oor die vernietiging van lewens en huise in Soedan.
  • Bid vir veiligheid, skuiling en genesing vir ontwortelde gesinne.
  • Tree in vir vrede en genade vir die mense van Soedan.
  • Vra God om die Kerk in Soedan te versterk om as hoop in die duisternis te skyn.

*Let wel: Geweld word in die Wêreldwaarnemingslys (WWL)-metodologie gedefinieer as die ontneming van fisiese vryheid, liggaamlike leed aan Christene of skade aan hul eiendom. Dit sluit ernstige dreigemente (geestelike mishandeling) in.

Back To Top
No results found...