
My gebed vir jou: ʼn Vry Kersfees
Dit is binnekort Kersfees, en in Afrika is dié viering nie ʼn koue een met sneeu nie – dit is die warmste tyd van die jaar.
Met Covid-19 wat ons onverwags in 2020 getref het, het ons Kersfeesvieringe ook verander, en alles hang van die Covid-19-statistieke af. Ek wonder soms of dit ʼn vry Kersfees sal wees, en of die strate weer leeg sal wees soos in baie lande regoor die wêreld. Met alles wat aangaan, klou ek aan my hoop vas en bid ek vir ʼn ommekeer. Maar wat beteken dit om ʼn vry Kersfees te hê?

Adel het nooit Sondagskool toe gegaan nie en het ook nie baie oor God by die huis geleer nie. Hy het soms kerk toe gegaan – byvoorbeeld om sy geskenk met Kersfees te kry, maar hy het nooit dieper gedelf in die Evangelie se leringe nie. Adel is deur sy baas en spanmaats by die werk verneder. Hy is minder betaal as sy Moslem-medewerkers, en sy spanmaats het gesê hy is “mal” omdat hy ʼn Christen is.
“Ek het nog nie baie van God geweet nie,” verduidelik Adel. “So ek het nie geweet wat om te sê wanneer hulle slegte dinge oor Jesus gesê het nie. Ek het nie enige antwoorde gehad nie. Ek het ook nie iemand gehad vir wie ek vir antwoorde kon vra nie. Ek was skaam oor my Christenskap.”

“Hy het alleen in die hoek gesit terwyl die ander kinders om hom gespeel het,” sê sy. “Toe ek die eerste keer in sy oë kyk, het ek ʼn verlore persoon gesien. Hy het my van sy lewe vertel en ek kon die pyn in sy vertelling voel.”
Marta en Adel het vriende geword terwyl hy aangehou het om die klasse by te woon. “Een van die belangrikste dinge waaroor ek met hom gepraat het, is dat God ons Vader is. Sy beeld van God was verwronge omdat sy eie pa nie vir hom ʼn goeie voorbeeld gestel het nie,” sê Marta.
Adel het tydens die klasse geleer dat hy uniek geskape is en dat God hom selfs voor sy geboorte geken het. Hy is nou besig om ʼn verhouding met Jesus as sy Redder op te bou. “Dit maak my gelukkig om God te ken,” sê Adel. “Ek weet ek het ʼn Vader in die hemel met wie ek altyd kan praat. Dit is wonderlik.”

Adel se stryd is nog nie verby nie, en ook nie ons reis saam met hom en sy familie nie. Hierdie Kersfees sal egter vir Adel spesiaal wees omdat die fisiese geskenk wat hy by die kerk kry vir die eerste keer nie sy hoogtepunt sal wees nie. Sy hoogtepunt sal die viering wees dat Jesus Christus, die Seun van God, na die aarde gekom het omdat Hy lief is vir ʼn arm klein seuntjie in Egipte en talle ander. ʼn Ware vrolike en vry Kersfees.
Met dit gesê, is my gebed vir jou dat jy ook die ware viering van Jesus Christus sal ervaar en met vreugde en vryheid gevul sal wees terwyl jy oor jou lewende Redder nadink – verder as al die tasbare geskenke wat jy sal ontvang.
Ek bid dat die strate van Suider-Afrika met rus en vrede gevul sal wees, en dat jy jou vriende en geliefdes sal sien wanneer hulle huis toe kom, sommige vanaf verafgeleë lande, en dat kinders weer veilig in die strate sal speel en vrolike liedere sal sing.
Ek bid dat die kerke toegelaat sal word om bymekaar te kom vir feesvieringe, dat die jeugkoor hul Kersliedere sal kan sing en dat kinders hul Kersfeestonele sal kan opvoer. Ek bid vir Kersfeesklere en -geskenke vir klein kindertjies, soos toe ons grootgeword het. Ek bid dat alles oor die viering van Jesus se geboorte en Koningskap sal gaan. Ek bid dat ons veilig sal wees. Veilig omdat al ons geliefdes bymekaar is en omdat die Here ons sal beskerm.

Ek bid dus dat hierdie Kersfees vir hulle ook ʼn tyd van samesyn en veiligheid sal wees. Sommige spandeer Kersfees in die tronk, terwyl ander gemonitor, vervolg en gemartel word. Ek bid dat hulle die ware vryheid sal ervaar om Jesus te ken en om deur Hom geken word.
Dankie vir jou liefde en ondersteuning aan ons vervolgde geloofsfamilie. Danksy alles wat jy doen, kan hulle aanhou om die resies getrou te hardloop in hierdie Kersseisoen. Jy kan deel wees van daardie verandering. Klik hier om te #sparkhope en ʼn geloofsheld te wees.
Naam verander vir sekuriteit redes*
