
Die 2025 Wêreldwaarnemingslys – ‘n oorsig
ʼn Oorsig van die plekke waar jou geloof jou die meeste kos.
Noord-Korea

Selfs burgers van Noord-Korea wat uit die land ontsnap het, is nie veilig nie. Vlugtelinge in ander lande, veral China, loop die gevaar om gevange geneem te word en teruggestuur te word, waarna hulle ontsettende strawwe moet verduur. Indien die regeringsamptenare ontdek dat ʼn Noord-Koreaan ʼn Christen geword het, of selfs net die Evangelie gehoor het of in kontak met Christene gekom het, word hulle uitgesonder vir swaar strawwe.
*Foto slegs verteenwoordigend.
Somalië
In Somalië is dit ʼn kwessie van lewe en dood om Jesus te volg. Al-Shabaab, ʼn gewelddadige Islamitiese militantegroep, is in ʼn oorlog met die regering gewikkel en hulle beheer groot dele van die land. Die groep fokus daarop om Christenskap in Somalië uit te roei. Hulle het Somaliese Christene al dikwels op die plek doodgemaak.
Die Christene word egter ook deur hul eie families en gemeenskappe vervolg. Om ʼn Moslem te wees, is ʼn groot deel van jou Somaliese identiteit. Dit word dus as verraad gesien om jou Moslem-geloof te verwerp, en dit beïnvloed jou hele familie en gemeenskap. Al is daar net ʼn vermoede dat jy vanuit Islam na die Christendom bekeer is, kan jou lewe in groot gevaar wees.
*Foto slegs verteenwoordigend.
Kuba

Hierdie leiers se families staar ook dreigemente in die gesig, insluitende om gedreig te word dat hulle toesig oor hul kinders kan verloor. Die regering weier dikwels om nuwe kerke te registreer, wat beteken dat baie kerke onwettig bestaan. Hierdie kerke kan boetes kry, hul besittings kan gekonfiskeer word en die geboue kan selfs gesloop word.
China

In die gebiede waar Islam of Tibettaanse Boeddhisme die meerderheidsgelowe is, staar Christen-bekeerlinge uit daardie gelowe die moontlikheid van ekstra monitering en druk – en soms selfs geweld – van hul families en gemeenskappe in die gesig.
Foto: ʼn Kerk met ʼn seël waarop “In beslag geneem” staan.

