Skip to content

Jeugdiges in Niger kry Bybels in hul hartstaal

Die Woord van God verander lewens regoor die wêreld – selfs in plekke soos Niger, waar dit moeilik is om ʼn Bybel in ʼn boekwinkel te vind.

In Niger besit Moslems die meeste van die boekwinkels, en dit is verbode vir Moslems om Bybels te verkoop. Jy kan Bybels in ʼn handjievol boekwinkels vind wat aan Christene behoort, maar die meeste Christene kan dit nie bekostig om een te koop nie. Hierdie skaarste aan Bybels in Niger raak Christen-jeugdiges, aangesien baie nie ’n Bybel kan bekostig nie. Dit is eenvoudig te duur.

Selfs al kon hulle dit bekostig, word baie nuwe bekeerlinge vanuit ʼn Moslem-agtergrond deur hul families verhoed om die Bybel te lees. Dit, gekombineer met die gebrek aan finansiële middels om een te koop, skep ʼn uitdagende situasie vir baie Christene regoor die land.

Tog het die getroue bydraes en gebede van ons ondersteuners gehelp om Bybels aan 150 jongmense in die land te bring en hulle sterk in hul geloof te hou. Geopende Deure (deur plaaslike kerkvennote) kon vir elkeen van hulle hul eie Bybel gee. Die Bybels is in Hausa en Frans, twee van die algemeenste tale in die streek, geskryf.

“Baie dankie vir die Bybels wat julle aan ons uitgedeel het. Wanneer die prediker verse gee om tydens die preek in die kerk te lees, moes ek net luister wanneer iemand anders gelees het, want ek het nie ʼn Bybel gehad om te lees nie.

“Nou, deur die genade van God, het ek my eie eksemplaar van die Heilige Bybel. Ek kan dit in die kerk lees, by die huis, terwyl ek werk en selfs terwyl ek reis. Baie dankie, broers en susters, vir hierdie ondersteuning. Mag God hierdie bediening en diegene wat hul geld gegee het om vervolgde gelowiges te dien, seën,” het Salisu, een van die gelukkige ontvangers, gesê.

Jy kan vandag meer lewens verander, soos Salisu s’n.

Sal jy dit oorweeg om ʼn Bybel en die gereedskap om dit te verstaan vir slegs R180 te gee? Dit is nie net ʼn geskenk nie – dit is brood vir die lewe.

Jy kan ook ons broers en susters ondersteun deur aan die Arise Africa Bybeluitdaging op YouVersion deel te neem. Elke dag sal jy die Skrif lees, oor verhale van dapper geloof nadink en bid vir diegene wat teenkanting in die gesig staar.

Laat ons voortgaan om God se Woord aan ander te bring en dit daagliks in ons harte te koester.

Back To Top
No results found...