
Gebedsversoek: Bid vir die Kerk in Mosambiek
In die mees onlangse aanval op Christene in Mosambiek is minstens 20 Christene dood, 2 000 op vlug, en 1 300 huise en twee kerke, deur al-Shabaab vernietig.
Napala-dorp, geleë in die Chiúre-distrik van die Cabo Delgado-provinsie in Noord-Mosambiek, is ernstig vernietig nadat die rebelle van 9-12 Oktober ʼn reeks aanvalle op die hoofsaaklik Christelike dorp geloods het.
Volgens ʼn plaaslike pastoor het die situasie vinnig versleg toe die Verdediging- en Veiligheidsmagte* (FDS) van die geveg teen die rebelle onttrek het. “Alles het slegter geword toe die FDS probeer ingryp het sonder sukses. Toe hulle gevlug het, het hulle alles slegter gelaat vir die mense,” het die pastoor aan plaaslike Geopende Deure-vennote gesê. Die Chiúre-distrik het vanjaar al verskeie gewelddadige aanvalle ondervind.
Volgens verslae deur ReliefWeb het ʼn stroom van vlugtelinge in Chiúre-aangekom na soortgelyke aanvalle tussen 24 Julie en 3 Augustus. Die provinsie herberg nou na raming 425 000 vlugtelinge, volgens die Internasionale Organisasie vir Migrasie.
Ons veld vennote vra vir innige gebed vir die Kerk in Mosambiek.
“Dit breek my hart om te sien hoe die regering van Mosambiek hierdie aanhoudende konflik hanteer, en dit maak dit selfs meer pynlik om die huidige houding van die Kerk te sien te midde van hierdie diep lydinge van Christus se liggaam. Ek glo dit is ons gedeelde verantwoordelikheid, as lede van Christus se Liggaam, om op te staan en te verklaar: ‘Genoeg nou! Genoeg van die bloedvergieting en lyding!’ Soveel van ons onskuldige broers en susters bly vervolging deurmaak net omdat hulle die naam van Jesus dra,” het ʼn veld bron gesê, wat vir veiligheidsredes nie genoem kan word nie.
Volgehoue gebed word nie net vir ons broers en susters in Mosambiek benodig nie, maar ook elders in Afrika suid van die Sahara. Die Islamitiese Staat (ISIS) het vroeër vandeesmaand in ʼn weeklikse nuusbrief ʼn waarskuwing aan Christene in Afrika gepubliseer waarin hulle Christene drie opsies gegee het om die moorde te ontsnap: Sluit aan by Islam, betaal ʼn kopbelasting om hul lewens te red en hul dorpe te beskerm of word doodgemaak. Die hoofartikel het voortgegaan om die groep te prys vir sy jihad teen Christene in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo en Mosambiek.
Sluit asseblief by ons aan deur te bid vir Christene in Mosambiek; en teken en versprei die Arise Africa-petisie om wêreld leiers te vra om geregtigheid, vrede en herstel vir die 16,2 miljoen Christen vlugetlinge in Sub-Sahara Afrika te soek.
Bid asseblief:
- Bid dat die Here die families van die 20 Christene wat hul lewens verloor het sal troos, en dat Hy dié wat deur die geweld geraak is sal genees.
- Bid vir krag en moed vir die Kerk in Mosambiek – dat gelowiges ferm in geloof kan staan en nie deur vrees, intimidasie of trauma stilgemaak sal word nie.
- Bid dat geregtigheid en waarheid sal seëvier – dat God geheime wreedhede sal openbaar, die harte van staats leiers sal verander, en aanspreeklikheid sal bring vir die lyding van Sy mense in Mosambiek en regoor Afrika.
- Bid vir die Here se beskerming van Christene op die frontlinie regoor Afrika, sodat hulle die Here se voorsiening elke dag kan ervaar.
Klik hier om die medieverklaring te lees.
*Die FDS sluit die Forças Armadas de Defesa de Moçambique (FADM) (Mosambiek se Gewapende Weermag) in, wat bestaan uit die weermag, vloot en lugmag.