Skip to content

Van skaamte tot genesing: Die krag van God

[Waarskuwing: Artikel en video bevat verwysings na gewelddadige seksuele misbruik]

Ontwortel. Ontvoer. Mishandel. Verwerp. Dit is slegs ʼn paar van die “pyne” wat Rifkatu* na Jesus se kruis gedra het.

Slegs vier weke nadat sy en haar man, pastoor Zamai*, hul troudag gevier het, het Rifkatu haar oë toegemaak en stilweg gebid terwyl een man na die ander haar wreed en herhaaldelik in ʼn Fulani-militantekamp verkrag het. Sy is ontvoer deur Islamitiese ekstremiste, wat daarop uit is om Christene te vervolg.

Toe Rifkatu uiteindelik vrygelaat is, het iets in haar verander. “Ek het begin dink: Is dit my vrou, die vrou wat ek ken en mee getroud is?” onthou Zamai met hartseer.

Maar danksy jou ondersteuning kon Rifkatu genesing vind by ons traumasorgsentrum, wat sorg vir duisende vroue wat weens hul geloof gewelddadige vervolging ervaar het.

Diep genesing is hier aan die gang, vir haar en baie soos sy.

“Iets wat ek nooit sal vergeet nie, is om my pyn na die kruis te neem,” sê sy. “Almal het op ʼn stuk papier geskryf wat hul pyn veroorsaak. Ons het liedjies gesing en ons stukkies papier by die kruis verbrand. Hulle het vir ons gesê soos die as opgaan, gaan ons pyn na God op.”

Kyk na haar storie:

Zamai sê die tyd by die traumasentrum het hom gehelp om sy fokus weer op die hoop van Jesus te vestig. “Indien ons nie die geleentheid gehad het om vir trauma-genesing te kom nie, sou ons verhouding dalk tot vandag toe nie kon herstel nie,” sê hy. “Toe ek vir die opleiding gegaan het, het dit my bemoedig en versterk en my houding en denkwyse verander. Daarom het ek die situasie met geloof benader, wetende dat God die Almagtige alles weet.”

“Ons wil hê ons en hierdie vroue se stemme moet gehoor word,” sê Asebe*, ʼn traumasorg-vrywilliger by die traumasentrum wat deur Geopende Deure ondersteun word. “Laat die wêreld hoor wat met Christen-vroue in Nigerië gebeur. Hul regte word nie beskerm nie. Hulle word getraumatiseer en mishandel weens hul geloof. En ons wil hê dit moet ophou.

“Laat daar voorspraak wees. Laat hulle met bystand kom op enige manier wat hulle kan. Laat hulle ook bid, want ek glo God kan doen wat mense nie kan doen nie.”

Hier is drie maniere waarop jy die geweld kan stop en die genesing kan begin:

1. Teken en deel die petisie

Voeg jou naam by Geopende Deure se Arise Africa-petisie of as jy dit reeds onderteken het, vra ander om dit ook te teken. Die petisie sal beskikbaar wees vir ondertekening tot 2026, maar stuur asseblief jou handtekening so gou as moontlik om ons te help om momentum op te bou en genoeg handtekeninge te kry om dit aan die Afrika-Unie, Europese Unie en Verenigde Nasies te oorhandig.

Teken petisie

2. Gee ʼn geskenk om genesing vir hierdie diep wonde te bring.

Jou beste geskenk vandag kan gelowiges in Afrika, soos Rifkatu, help met dinge soos noodskuiling, mediese sorg, opvoeding en traumasorg.

Gee vandag

3. Bid. Die belangrikste en kragtigste ding wat jy kan doen, is om te bid. Bid vir Rifkatu en ander soos sy:

  • Bid vir Rifkatu se voortgesette emosionele, geestelike en fisiese genesing. Bid dat sy en haar gesin Jesus sal aanhou volg en deur God se liefde versterk sal word.
  • Dank die Here dat traumasorgsentrums, wat deur jou ondersteun word, elke jaar genesing vir duisende vervolgde Christene kan bring.
  • Dra die 1 700 gelowiges in sub-Sahara Afrika wat verlede jaar weens hul geloof seksueel aangerand is, op aan God en bid dat die Here hul pyn sal genees.
Back To Top
No results found...