Believers Meeting in Secret
 

Pastor in Kasjmir, Indië se Vonnis word Opgeskort

Nieu-Delhi, 16 Februarie (Compass Direct News)

’n Hof het beveel dat die Jammu en Kasjmir staatsregering tydelik moet stop met strafregtelike verrigtinge teen ’n pastoor wat beskuldig is dat hy Moslemjongmense omgekoop het om hulself te bekeer tot Christenskap. Die staat se Hooggeregshof het op Saterdag (11 Feb.) verrigtinge in die polisie klagte van “bevordering van godsdienstige vyandskap deur bekerings” teen die Ds. Chander Mani Khanna van die Kerk van Noord-Indië denominasie, tot ʼn stilstand gebring.

In reaksie op ’n petisie deur die pastoor om die klagte nietig te verklaar, het die hof kennisgewings aan top-amptenare van die staat se polisie-afdeling en die ministerie van binnelandse sake uitgereik, want ondersoekers was nie in staat om aanklagtes te formuleer nie, selfs al is die saak reeds laasjaar op 29 Oktober geregistreer, het pastor Khanna aan Compass oor die telefoon vertel. Die pastor, wat vir meer as 40 dae in die tronk gebly het totdat hy verlede jaar op 1 Desember op borgtog vrygelaat is, het bygevoeg dat die hof die regering gevra het om hul antwoord hierop teen 14 Maart in te dien, en dan sal die datum vir die volgende verhoor vasgestel word.

Die pastoor, wat verlede maand afgetree het, het gesê dat dit werklik ’n oorwinning sal wees indien hy toegelaat word om terug te keer na Kasjmir, in die Moslem-meerderheids streek van die staat. Kasjmir se sjaria (Islamitiese wet) hof, wat geen wetlike gesag in Indië het nie, het in Desember pastor Khanna, die Ds. Jim Borst, ’n Nederlandse Katolieke sendeling en Gayoor Messah, ’n Christenwerker, skuldig bevind daaraan dat hul “die vallei-Moslems na Christenskap lok” en het beveel dat hulle die staat verlaat. Die hof, onder leiding van Kasjmir Grand Mufti Bashir-ud-din Ahmad, het ook die regering “gerig” om die bestuur van alle Christelike skole in die streek oor te neem.

Om die volledige artikel in Engels te lees, klik hier.

BronCompass Direct News
VertalerGeopende Deure