skip to Main Content
Ranglysposisie   43
2021 ranglysposisie   50
Streek   Asië
Bevolking   33 181 000
Christelike bevolking   3 054 000
Meederheidsgeloof   Islam

43Maleisië

In Maleisië word daar verwag dat elke etniese Maleier ʼn Moslem moet wees. Volgens die land se grondwet is dit strafbaar met die dood om van Islam tot bekering te kom, hoewel dit nog nooit geïmplementeer is nie.

Enigiemand vanuit ʼn Moslem-agtergrond wat Jesus leer ken en in die openbaar hul geloof aan hul familie verklaar, sal waarskynlik uiterste druk en vyandigheid vanuit hul omgewing ervaar om terug te keer na Islam. Die gesin kan probeer om die familie te “beskerm” deur hul dogter of seun vinnig met ʼn Moslem te laat trou. As ʼn Sharia-regter instem, kan meisies onder die ouderdom van 16 getroud raak.

Nuwe Christene kan gearresteer word, oor hul Christelike netwerk ondervra word, onder druk geplaas word om kerkleiers te verraai en moontlik in die tronk gestop word of ter dood veroordeel word. Christene van langer bestaande denominasies, soos die Rooms-Katolieke- en Metodistekerk, word deur die owerhede gemonitor en dopgehou. Nie-tradisionele Protestantse groepe word doelbewus geteiken, aangesien hulle geneig is om meer bekeerlinge te lok en meer aktief te wees om die Evangelie met Moslems te deel.

Daar is bewyse dat staatsondersteunde planne in plek is om Christelike gemeenskappe tot Islam te bekeer. Dit lyk asof meer konserwatiewe Islamitiese politieke partye toenemende mag en steun in Maleisië kry.

Ontmoet Susanna

“Ek sal na God toe hardloop, want Hy is die enigste Een op wie ek kan staatmaak en Hy daag altyd vir my op.”

Susanna Koh, wie se man, pastoor Raymond, ontvoer is en steeds vermis word.

pray

Bid asseblief

  • Dat die wetlike situasie vir Maleisiese Christene ná die verkiesing sal verbeter.
  • Dat die owerhede sal ophou om by Christelike byeenkomste in te meng.
  • Dat Maleisiese Christene God se liefde vir hulle sal erken en dit sterk aan ander sal weerspieël.

Hoe ondersteun Geopende Deure ons familie in Maleisië?

Geopende Deure werk saam met plaaslike kerkvennote in Maleisië om dissipelskapopleiding, Bybels en Christelike boeke en sosio-ekonomiese bystand te verskaf.

TEKEN IN om jou weeklikse Gebedsflitse te ontvang

  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek