Skip to content
Streek Afrika
Christelike bevolking 22 200 (0,2%)
Meederheidsgeloof Islam
Vernaamste bedreigings • Islamitiese onderdrukking

Totale telling

69%

Druk

74%

Geweld

41%

Onlangse nuus

Elke R150

wat maandeliks gegee word, kan aan die dringendste behoeftes van gelowiges wêreldwyd voldoen.

33Tunisië

Christene maak ʼn klein minderheid uit in Tunisië. Tradisionele kerke soos die Rooms-Katolieke en Ortodokse Kerk, wat grootliks buitelandse Christene bedien, word amptelik deur die regering erken en geniet ʼn relatiewe mate van vryheid. Openbare evangelisasie word egter nie geduld nie.

Tunisiese Christene word nie amptelik erken nie en het sodoende nie amptelik erkende kerkgeboue nie. Tunisiërs wat vanaf Islam tot die Christendom bekeer, staar ʼn mate van vyandigheid in die gesig en dit dwing talle mense om hul geloof geheim te hou. Dit is veral in die suide van toepassing, waar die Moslem-bevolking meer konserwatief blyk te wees.

Om saam met ander Christene bymekaar te kom, kan die gevaar van blootstelling verhoog weens die Tunisiese veiligheidsdienste se monitering. Indien ʼn gelowige se geloof ontdek word, kan dit ʼn skadelike impak op hul daaglikse lewe hê, insluitende verbale en fisiese mishandeling, verwerping deur geliefdes en onsekerheid oor werk.

Ontmoet Aizah

“Ek vertrou dat God met ons sal wees terwyl ons meer swaarkry in die gesig staar. Ons is veerkragtig omdat ons weet wie ons Verlosser is. Ek is ook verheug omdat meer struikelblokke jongmense dwing om na Hom toe te kom.”

Aizah (naam verander) van Noord-Afrika, wat vanuit ʼn Moslem-agtergrond kom.

Wat doen Geopende Deure om te help?

Geopende Deure werk saam met plaaslike vennote en kerke in Noord-Afrika om leierskap- en dissipelskapopleiding, regshulp, traumaberading, lewensbestaanondersteuning, Bybels en pastorale sorg te voorsien.

Bid asseblief

  • Bid dat geïsoleerde bekeerlinge met ander gelowiges verbind sal word.
  • Bid vir diegene wat dit waag om bymekaar te kom sodat hulle die vrede kan ervaar wat net Jesus kan gee.
  • Bid dat die Kerk sal aanhou groei en dat Christene vrylik sal kan aanbid.

Teken in om jou weeklikse Gebedsflitse te ontvang

  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek