Skip to content

Dankie dat jy Martina gehelp het om van trauma te genees!

Dit is hartverskeurend om kinders te sien wat trauma moet verwerk nadat hulle, weens vervolging, ʼn ouer verloor het. Maar dit is wat met Martina* gebeur het. Haar pa, ʼn Christen-polisiebeampte, is doodgemaak toe sy nog ʼn baba was; en hy het nooit ʼn behoorlike begrafnis gehad nie.

“By die skool, wanneer ek gehoor het hoe my vriende oor hulle pappas praat,” het Martina vertel, “Het ek altyd vir God gevra om vir my ʼn pa te gee.”

Martina se ma moes op haar eie na die familie omsien, en Martina het nooit genees van die smart om sonder ʼn pa groot te word nie. Maar dit het verander toe sy een van Geopende Deure se traumasorgprogramme bygewoon het, wat jy gehelp moontlik te maak!

Gedurende die leed aktiwiteit, het Martina ʼn prentjie geteken van haar pa se begrafnis en ʼn paar sinne geskryf oor dinge wat sy vir hom wou sê…

“Pappa, ons mis jou; ons hoop jou siel rus in vrede; pappa is in die harte van almal wat jou liefhet.”

Soos een van die versorgers, wat vir Martina berading gegee het, verduidelik…

“Martina was in staat om op die punt te kom waar dit vir haar moontlik was om haar pa te begrawe op haar eie manier. Sy moes van die las ontslae raak wat sy só lank saam met haar gedra het.”

Dankie dat jy gehelp het om dit moontlik te maak vir Martina om genesing en vrede te vind. En dankie vir enige geskenk wat jy hieronder kan gee om meer gelowiges, soos sy, in die vervolgde Kerk te versorg.

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word om die wêreld heen – dankie!

*Naam verander vir sekuriteitsredes.

  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • Hidden

Back To Top
Soek