Skip to content

Dankie dat jy skoon water aan ons broers en susters voorsien!

In Bangladesj is daar Christenbekeerlinge wat toegang tot skoon water in hulle dorpies verbied word. Hulle moet dan noodgedwonge, onveilige water van poele en riviere drink.

Pernendu Biswas (57), en sy vyfjarige kleinseun, is twee van baie Christene wat siek geword het nadat hulle hierdie water gedrink het. Die dokter het hulle aangeraai om gesuiwerde of gebottelde water te drink, siende dat die water te besoedel en vuil is vir menslike gebruik.

“Ons kan nie bekostig om gebottelde, gesuiwerde water te bly koop nie. Water van putte is verniet, maar dit is baie duur om te installeer… Wat anders kan ons doen?” het Pernendu gesê.

In ʼn ander dorpie, het Moslems Christene toegang tot hierdie soort putte geweier. Desperate Christene het probeer om toegang tot die putte te forseer, maar hulle is voorgekeer en gesê, “Julle het Islam en ons dorpie verraai. Julle is nie meer waardig om ons water te drink nie.”

Om Bangladesji Christene toegang tot skoon water te weier is een van die maniere hoe gemeenskappe hulle straf omdat hulle Christene geword het. Dus, een van die maniere hoe Geopende Deure hulle versterk is om hulle toegang tot hul eie skoon water te gee.

En te danke aan jou, installeer Geopende Deure vir baie jare waterputte vir hierdie Christene – wat uiters dankbaar is vir dié bystand. “Julle is God se antwoord op ons gebede. Dankie, Geopende Deure. My kleinseun en almal in my familie is nou gesond. Dit is ʼn getuienis vir ons Hindoe-bure dat God omgee en werklik in ons behoeftes voorsien,” het Pernendu se vrou gesê.

In verlede jaar alleen, het vriende soos jy gehelp om 34 waterputte in verskillende areas in Bangladesj te installeer, wat 145 gelowiges van skoon water voorsien.

Dankie dat jy dit moontlik maak – en dat jy ons broers en susters op die frontlinies van ons geloof ondersteun en versterk!

Back To Top
Soek