Skip to content

Wêreldwaarnemingslys: Viëtnam

Streek: Suidoos-Asië
2018 Wêreldwaarnemingslys Posisie: #18
Leier: President Tran Dai Quang
Populasie: 95,415,000 (net 8.8% is Christene)
Meerderheidsgeloof: Boeddhisme en Ateïsme
Regering: Kommunistiese Staat
Bronne van Vervolging: Kommunistiese en Post-Kommunistiese Verdrukking

Gelei deur die Kommunistiese Party, vervolg die regeringsowerhede in Viëtnam die Christenminderheid hoofsaaklik deur wette aan te neem wat hulle benadeel. Gelowiges uit etniese minderheidsgroepe verduur die ergste vervolging. Hierdie Christene word gesien as verraaiers van hul stamkultuur en identiteit – hulle staar teistering, gewelddadige aanvalle en sosiale uitsluiting in die gesig. Dorpenaars is gereeld kop in een mus met plaaslike Kommunistiese owerhede en slaan gelowiges, dryf hulle uit hul dorpies en bestook hul plekke van aanbidding met klippe. Nie-Christen familielede verbreek familiebande en weier erfporsies. Christelike ‘bloggers’ en politiese aktiviste is al gearresteer en gevonnis.

Bid asseblief:

  • Vir God om die geloof van nuwe gelowiges uit etniese minderhede op te bou, soos die Hmong-stam.
  • Vir moed en krag vir die wat onder druk geplaas word om terug te keer na hul familie se geloof.
  • Vir die Heilige Gees om regeringleiers se harte te verander sodat hulle beperkinge op die Christenminderheid sal verminder.
Back To Top
Soek