Skip to content

Dankie dat jy Viktor gehelp het om ʼn besigheid te begin… en sy dorp vir Christus te bereik!

Na sy wonderbaarlike bekering in die tronk, het Viktor* geweet God roep hom om die Evangelie te verkondig.

Maar, in ʼn nasie waar godsdiensvryheid streng dopgehou word deur die owerhede − en waar ekonomiese stabiliteit moeilik is − het Viktor nie geweet hoe hy homself of sy bediening gaan onderhou nie.

Dit is toe dat jy ingegryp het om Viktor te help om ʼn suksesvolle veevoer besigheid in sy dorp te vestig!

Namate mense van heinde en ver gekom het om voer vir hul diere te koop, het Viktor gesien watter potensiële impak sy besigheid vir die Koninkryk kan hê. Hy vertel…

“Ons het besef dat dit nie ons plan is nie. God het ons na hierdie bediening gelei. Dit is harde werk en bring nie ʼn hoë profyt in nie, maar dit werk… En ons gebruik enige geleentheid om huise binne te gaan om die Evangelie te verkondig!”

Dankie dat jy vir Viktor help om ʼn suksesvolle besigheid daar te stel wat nie net in sy eie behoeftes voorsien nie, maar ook sy bediening ondersteun.

En dankie vir enige geskenk waartoe jy gelei voel om te gee, om meer gelowiges soos hy te bemagtig om hulself te onderhou en om ʼn impak op hul gemeenskappe vir Christus te maak.

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!

*Naam verander weens sekuriteitsredes.

  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek