Skip to content

Onrusbarende tendense in vervolging uit die 2019 Wêreldwaarnemingslys

Die afgelope jaar het ʼn konstante versnelling in vyandigheid teenoor Christene getoon, volgens die 2019 Wêreldwaarnemingslys wat onlangs vrygestel is.

Vyf jaar gelede was slegs Noord-Korea as “uiters” geklassifiseer vir die vlak van vervolging van Christene. Vandag behaal 11 lande genoeg punte om in daardie kategorie te val.

Noord-Korea behou vir die 18de jaar ná mekaar die top posisie, terwyl Afganistan die tweede plek inneem, gevolg deur Somalië.

Staat-outoritarisme is ʼn groeiende tendens in baie dele van die wêreld, soos gesien in China – wat van #43 tot #27 gespring het. President Xi gebruik al hoe meer die mag van die staat om Christene te vervolg en hul vryhede te beperk met die doel om enige sienings uit te skakel wat nie heeltemal ondergeskik is aan die Kommunistiese Party nie.

Daardie selfde tipe outoritarisme gebruik geloof as ʼn wapen in Mianmar (#18) waar “die weermag, oor die dekades van gewapende konflik, geloof omskep het in ʼn instrument van [etniese] onderdrukking,” het die land se eerste Katolieke kardinaal, Charles Maung Bo, gesê.

ʼn Ander gevaarlike tendens is die toename van ultra-nasionalisme in lande soos Indië, wat die Top 10 as #10 betree. In hierdie gevalle forseer ʼn nasie se godsdienstige- en etniese meerderheid, op aggressiewe wyse, minderhede om hul identiteit te versaak of die land te verlaat.

In Indië het hierdie aggressie ook gelei tot ʼn skokkende taktiek waarvolgens vervolgers dreig om ʼn kerkleier se vrou en selfs sy jong kinders te verkrag. Dit weerspieël die wêreldwye tendense wat vroue en kinders toenemend en direk teiken as deel van vervolging.

Dankie dat jy help om ons vervolgde broers en susters te versterk deur jou gebede, ondersteuning en voorspraak!

ʼn Derde opmerklike tendens is die verspreiding van radikale Islam van die Midde-Ooste regoor sub-Sahara Afrika. In Egipte (#16) beloof die Islamitiese Staat steeds om Christene “uit te wis” deur die gemeenskap te terroriseer met geteikende moorde.

In Somalië het ʼn terreurgroep, wat geaffilieer is aan die Islamitiese Staat, gekies om hulle-self in die land te vestig omdat “dit ʼn goeie geleentheid voorhou vir hulle soeke na ʼn Islamitiese staat of, minstens, dat hulle hul ideologie kan voortbou sonder hindernisse,” het die Katolieke biskop van Mogadisjoe gesê.

As ʼn “mislukte” staat, sonder ʼn verenigde regering, is Libië (#4) steeds ʼn dodelike omgewing, hoofsaaklik vir emigrante van sub-Sahara Afrika – baie van wie Christene is.

Maar hierdie onrusbarende tendense het nie afbreek gemaak aan die getuienis van die Evangelie nie!

Soos ʼn Pakistanse gelowige gesê het,

“Ek weet dat hierdie mense om ons, ons altyd sal vervolg. Ek leer nou om hulle lief te hê.

“Vriende, dankie dat julle vir ons bid waar ook al julle is. Elke jaar, vul ek hierdie vraelys in sodat julle die Wêreldwaarnemingslys kan saamstel. As gevolg van hierdie vrae en omdat julle vir ons bid en ons ondersteun, weet ons dat ons dieselfde hart deel.”

Jy help om ons vervolgde broers en susters te versterk deur jou gebede, ondersteuning en voorspraak. Dankie dat jy saam met hulle staan in hul donkerste uur namate vervolging teen die Kerk toeneem.

Back To Top
Soek