Skip to content

Nuus rakende Een Miljoen Stemme van Hoop: Jy het jou stem namens jou Midde-Oosterse broers en susters verhef

Te danke aan vriende soos jy het ons amper die doelwit van 1 miljoen handtekeninge bereik vir die Een Miljoen Stemme van Hoop-petisie. Ons het 808,172 in totaal ingesamel en dit is die meeste handtekeninge wat Geopende Deure nog ooit ingesamel het!

Jou gebede en handtekening het ʼn stem aan ons vervolgde broers en susters in die Midde-Ooste gegee. Jy het ons broers en suster gewys dat hulle nie alleen is nie, en jy het hulle bemoedig gedurende hierdie tyd.

Jy het by die wêreldwye Kerk aangesluit in 142 ander lande om Midde-Oosterse Christene te versterk en te bemoedig. Deur jou naam by hierdie petisie te voeg, was jy ʼn antwoord op ons broers en susters in die Midde-Ooste se gebede, en het jy seker gemaak dat dié wat die mag het, bewus is van hul posisie.

Bly asseblief bid vir ons broers en susters in die Midde-Ooste. Bid dat God hul gebede sal hoor en beantwoord, sodat hulle kan terugkeer na hul vaderlande. Dankie!

Back To Top
Soek