Skip to content

Staan saam met vervolgde Christen-mans in die grootste gevaar, hierdie November!

Terwyl jy vandag hierdie lees, word Christen-mans nagejaag, geslaan, uitgebuit, gevange geneem en doodgemaak vir hul geloof. Vervolging teenoor hulle is gewoonlik gefokus, ernstig en sigbaar. En wanneer manlike broodwinners en kerkleiers geraak word – word hul gemeentes en families in puin gelaat.

Vervolgde gelowiges voel dikwels alleen in hul stryd. Hulle dink dat niemand van hulle weet of vir hulle omgee nie – wat nie verder van die waarheid kon wees nie…

Dit is hoekom ek jou hulp vra, om ʼn R10,872,000-doelwit hierdie somer te help bereik om hoop en praktiese ondersteuning aan vervolgde gelowiges soos Paul te bring – sodat hulle weet hulle is nie alleen nie. 

Jy kan saam met hierdie gelowiges staan en God se liefde aan hulle bewys – en jou liefde – as medelid van die Liggaam van Christus. God se Woord sê egter, “As een lid ly, ly al die lede saam” (1 Kor. 12:26).

Jou ruimhartige vennootskap sal help met die voorsienning van noodleniging, pastorale opleiding, Vervolgingsvoorbereidheid-opleiding, skuilhuise en meer – sodat Christen-mans wat geïsoleerd en ontmoedig is die sorg kan ontvang wat hulle uiters nodig het.

Dankie vir jou geskenk vandag om aan vervolgde vaders, broers, ooms en seuns te wys dat hulle nie alleen is nie!

  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek