Skip to content

‘Ons het baie evangeliseer’ – selfs in ʼn Iranse tronk!

Iran het een van die wêreld se vinnigste groeiende gemeenskappe van Christene, omdat baie Moslems na Christus toe kom – selfs terwyl die streng Islamitiese regering probeer om hulle uit die weg te ruim.

Wahid* het baie vervolging ervaar toe hy Islam verlaat het om Christus te volg. Die vervolging het erger geword nadat hy ʼn ondergrondse huiskerk begin lei het.

Ongelukkig het die owerhede ʼn klopjag op een van die dienste uitgevoer. Hulle het alles verfilm en baie van die kerklede in die tronk gegooi, insluitend Wahid.

Maar selfs toe die regering die gelowiges gearresteer het, in die hoop om die Kerk uit te doof, het dit nie gewerk nie. “Ons het baie evangeliseer, selfs al was dit nie toegelaat nie,” het Wahid gesê. En so het die Kerk bly groei – selfs in die tronk!

Prys die Here dat Hy in hierdie land werksaam is! Bid dat God sal aanhou om die baie Christene te versterk wat vir hul geloof in die tronk is en dat baie meer mense Hom sal leer ken.

*Naam verander vir sekuriteitsredes

Back To Top
Soek