Skip to content

Bid vir ons familie in Indië

Nou, meer as ooit, benodig Christene in Indië jou gebede. Vervolging het dramatiese toegeneem in die laaste paar jare, namate Hindoe-nasionalistiese bewegings hul veldtog teen Christene en ander godsdienstige minderhede verskerp, sodat hulle Indië in ʼn Hindoe-land kan omskep – selfs al kos dit geweld.

Dis hoekom ons ʼn beroep doen op getroue vriende soos jy, en ander gelowiges wat jou hart vir die vervolgde Kerk deel, om gedurende Maartmaand saam met ons in gebed te tree vir ons broers en susters.

Ingesluit by dié nuusbrief is ʼn 31-dag-gebeds-kalender vind om jou te help om jou gebede te rig namate jy ons Indiese familie opdra aan Christus. Terwyl vervolging in Indië die hoogste nog is, vra ons jou om in die bres te tree vir ons broers en susters daar.

Hierdie jaar loods ons ook ʼn gefokusde veldtog vir gebed en ondersteuning vir die Kerk in Indië. Klik hier om op hoogte te bly en te sien hoe jy kan deel wees van hierdie noodsaaklike veldtog om gelowiges in Indië te ondersteun wat uiterste druk vir hul geloof in die gesig staar.

Dankie dat jy by ons broers en susters in Indië staan!

Back To Top
Soek