Skip to content

Propaganda, Vervolging, Pandemie…

Die Kerk in Indië is in ‘n krisis – dis tans die 10de gevaarlikste plek in die wêreld vir Christene*.

Te midde van die Covid-pandemie het die gewelddadige vervolging van Christene in die wêreld se grootste demokrasie voortgeduur. In ʼn gekoördineerde poging deur Hindoe-ekstremiste om Christenskap uit te wis. Die krisis in Indië gaan oor meer as net die pandemie.

Daar is ʼn storie wat nie vertel word nie: Gewelddadige vervolging van Christene wat aangehits word deur leuens en propaganda. Die plan deur Hindoe-ekstremiste om Christenskap en ander gelowe in Indië uit te roei. Die Kerk in Indië word stilgemaak, hulle benodig ons stem.

Hierdie is ʼn noodkreet… Dit mag dalk ons laaste kans wees om namens ons broers en susters in Indië te praat namate die situasie teen hulle vererger. Dit is ondenkbaar dat die Kerk in die wêreld se grootste demokrasie vernietig kan word.

 

*Volgens die Geopende Deure 2021 Wêreldwaarnemingslys.

Sopas vrygestel

Skokkende nuwe verslag van die London School of Economics (LSE), wat die uiterste vervolging wat Christene en Moslems ervaar beskryf. Gewelddadige groepe Hindoe-nasionaliste is hiervoor verantwoordelik.

Hierdie wêreldwye veldtog poog om:

Die Kerk in Indië se verhaal te verander.

Christene word deur baie Hindoes as verraaiers of buitelandse spioene gesien wat Hindoeïsme ondermyn.

Die Kerk te help om die diskriminasie en vervolging te oorleef

sodat hulle kan voortgaan om sout en lig in die land te wees.

Bewustheid te skep

oor die situasie wat Christene en ander geloofsminderhede in Indië in die gesig staar.

Vandag kan jy help om hulle verhaal te verander.

Help die Kerk in Indië om te oorleef en sterk te staan. Drie maniere hoe jy kan optree:

Wees deel van ons maand (31 dae) van gebed vir Indië.

Gee ʼn geskenk as jy in staat is.

Staan vir die waarheid en verhef jou stem vir die Kerk in Indië.

Kyk

Hierdie is ‘n video van ‘n gelowige vrou in Indië wat vir haar geloof in Christus gedreig word deur Hindoes.

Back To Top
Soek