Skip to content

Jy rus toekomstige leiers van die vervolgde Kerk toe in Colombië

Wanneer ʼn kind se veiligheid bedreig word as gevolg van hul geloof in Jesus, het hulle dikwels geen ander keuse as om uit die huis te vlug nie. Dit is die geval vir talle kinders in Colombië weens die toename in stam-antagonisme en sosiale onstabiliteit.

Baie van hierdie kinders sal haweloos wees, as dit nie vir jou ondersteuning is wat Geopende Deure in staat stel om skuilhuise te voorsien nie. Dié huise skep ʼn veilige omgewing waar kinders kan groei in hul verhouding met Jesus en waar hulle hul talente kan ontgin en meer leer oor beroepsvaardighede.

Een van die kinders wat by ʼn skuilhuis van Geopende Deure woon is die 16 jarige Jonas*. Hy is die seun van ʼn tradisionele towenaar wat baie teen sy geloof gekant is, en die rede is waarom Jonas uit sy gemeenskap moes vlug.

Nou wil hy sy gawe vir musiek gebruik om die Evangelie te verkondig.

Jonas vertel…

“Ek wil hê dat almal in my gemeenskap moet weet van God deur musiek.”

ʼn Ander kind wat by ʼn skuilhuis van Geopende Deure woon, is Eliberto* wat ʼn onderwyser wil word.

Hy deel…

“Ek sal graag na my gemeenskap toe wil terugkeer as ʼn onderwyser om vir kinders die liefde van God te wys, en om hulle voor te berei vir ʼn beter toekoms.”

Dankie vir jou geskenke en gebede om die kinders te help dissipel, onderrig en te beskerm wat eendag leiers van die vervolgde Kerk in Colombië sal wees – en vir enige geskenk wat jy gelei voel om hieronder te gee, om voortdurend gelowiges te bemoedig waar geloof die meeste kos.

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!

*Name verander en verteenwoordigende foto’s gebruik vir sekuriteitsredes.

  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top