Skip to content

Jy bemagtig gelowiges soos Meena en Sunita, en verander baie ander op die frontlinies in Indië

Meena* en Sunita* is twee jaar gelede erg geslaan en uit hulle dorpie in Indië geskop, oor hul Christelike geloof. Ten spyte van al die swaarkry het hulle toegewyd aan Christus gebly, te danke aan die ondersteuning van vriende soos jy.

“Ek ken die name van dié wat ons vervolg en geslaan het,” het Sunita gesê. “Ek bid vir hulle.”

Wonderbaarlik genoeg, het sommige van húlle wat die vroue aangeval het, om verskoning gevra en hul houdings teenoor Meena en Sunita verander.

“God het die gebede en getrouheid beloon… van mense binne en buite Indië. Ons erken die belangrikheid van daardie gebede,” het Meena gesê.

Die verandering in Meena en Sunita is merkwaardig. Toe Geopende Deure hulle die eerste keer, deur plaaslike kerkvennote, ontmoet het, het hulle nog aan skok gely. Nou, loop elke woord wat hulle sê oor van vreugde – te danke aan jou gebede en ruimhartigheid.

In samewerking met plaaslike kerke, help jy ook om dit vir hulle moontlik te maak om hul storie by seminare te deel wat Christene voorberei op vervolging – om ander onder druk te versterk.

“God is so getrou,” het Meena gesê. “Deur Sy voorsiening, het ons ʼn winkel waar ons, ons eie inkomste kan verdien… ons kan vir ander gelowiges ook voorsien…. Maar meer as dit, het ons ʼn wêreldwye familie bygekry wat na ons omsien. Te danke aan julle gebede en ondersteuning is ons lewens soveel beter.”

Wanneer jy gelowiges soos Meena en Sunita ondersteun, versterk jy nie net hul geloof nie, maar ook hul getuienis op die frontlinies. Dankie!

*Name verander vir sekuriteitsredes.

Back To Top
Soek