Skip to content

Help vervolgde vroue om geliefd te voel

In Sentraal-Asië word Internasionale Vrouedag wyd gevier. Dit is gebruiklik vir ma’s, dogters en vrouekollegas om geskenke te ontvang, en vir families om ʼn feesmaal saam te geniet.

Maar steeds word vroue dikwels gedwing om skoon te maak, en om hierdie maaltye voor te berei en dan aan die mans te bedien wat bymekaar kom om Vrouedag te vier. Op ander dae van die jaar word daar soms na díe dag verwys in ʼn grap deur te sê, “Bly stil vrou. Jou dag is op 8 Maart.”

Dit is op hierdie dag, Internasionale Vrouedag, wat ʼn groep Christenvroue in Sentraal-Asië in die geheim byeengekom het vir Bybelstudie en gebed. Niemand mag uitvind waar hulle was nie, want indien dit aan die lig sou kom, kan hulle verkragting, aanrading… of selfs erger, in die gesig staar.

Onder hierdie vroue was Mubina* wat van Islam af bekeer het, en in die proses haar man en familie verloor het. Maar afgesien van haar uitdagings, is sy nie spyt nie.

Mubina deel,

“Jesus het met gered! God het my geleer dat ek altyd op Hom kan vertrou. My man het my dalk verlaat en my familie wil my nie aanvaar nie: maar die Here is my Man, en my Vader. Hy sien om na my.”

Mubina en hierdie ander plaas hulself in gevaar vir een doel: om saam in Christus te groei. Maar hulle het ʼn tekort aan Bybelse- en leierskapsopleiding om hulle verder te help groei, en om die vervolgde Kerk te versterk in hul land. Jou geskenk hieronder kan help om dit te verander.

Jou geskenk vandag sal help om vervolgde vroue in Sentraal-Asië en regoor die wêreld toe te rus, te bemagtig en te versterk.

Dankie dat jy God se Koninkryk uitbou waar geloof die meeste kos!

*Naam verander vir sekuriteitsredes.

Back To Top